190's v.C.

Die 190's v.C. dekade het gestrek vanaf 1 Januarie 199 v.C., tot 31 Desember 190 v.C..

In hierdie dekade bring die Romeine Gallia Cisalpina, die noorde van die huidige Italië onder beheer, nadat hulle die Boii verslaan het. Hulle veg ook 'n lang oorlog teen Filip V van Masedonië: die Tweede Masedoniese Oorlog.

Die Seleukiede onder Antiochus III voer oorlog teen die Ptolemeërs, wat beheer oor Judea verloor. Aanvanklik is dit nie duidelik of die Romeine Antiochus sal ondersteun of teenstaan nie, maar in 191 verdryf hulle hom uit Griekeland en Athene word hul bondgenoot.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne